NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Similar documents
OpenStax-CNX module: m Veelhoeke * Siyavula Uploaders. Figure 1

Whispers from the Past

CENTLEC HUISHOUDELIKE TARIEWE: 2017/2018 versus 2016/2017

Lengte. Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Graad 5 3 METING EN TYD 4 Module 40 5 LENGTE

Wiskunde. Shuters PHOTOCOPIABLE BEPLANNING EN OPSPORING. Graad. Ook beskikbaar by OS

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

MIELIE-INLIGTINGSGIDS MAIZE INFORMATION GUIDE 2013

CAMI EDUCATION. 1. Skryf jou naam op die ANTWOORDBLAD EN ANTWOORDBOEK. 3. Beantwoord AFDELING A op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

Herken en visualiseer 3-dimensionele voorwerpe uit die omgewing *

DEPARTMENT OF TRANSPORT DEPARTEMENT VAN VERVOER DEPARTMENT OF TRANSPORT THE SOUTH AFRICAN NATIONAL ROADS AGENCY SOC LIMITED

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Laerskool Swartkop Eksamen Afbakening Vierde kwartaal 2017 Graad 5

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 GEOGRAFIE V2

Government Gazette Staatskoerant

Tables of Costs for Conveyancing

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 April March 23, 2017

Policy Statement (CAPS); b. CAPS required progressive distribution per term; c. Teachers guidelines per Grade as per the CAPS. requirements.

Government Gazette Staatskoerant

Comments & Response Report Highlands South WEF Grid Connection APPENDIX 3: SITE NOTICE BOARD & POSTERS PLACEMENTS

Simson, God se sterk Man

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Catalogue Catalogue POLTEK. 4de UITGAWE 4th EDITION 1999

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 14 FEBRUARY 2005 CONTENTS INHOUD No. Page No. Gazette No. No. B/adsy Keerant No. No. Transport, Department of Governme

K-OTHRINE WG 250. REG. NO. L7372 Act No. 36 of 1947 REG. NR. L7372 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 0680 Namibiese Reg. Nr.

Inhoud / Contents Bladsy / Page

OPERATORS MANUAL / OPERATEURSHANDLEIDING. Grassmulchers TM

OMGEWINGSIMPAKBEPALING

KOUEKETTING GEVALLESTUDIES van die afgelope seisoene

OPERATORS MANUAL / OPERATEURSHANDLEIDING. Rollermowers

Wiskunde Eksamen 1 20 November 2018 Totaal: 70

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRAADE 11

STEDFAST. 1 l. Batch Number / Lotnommer:

NOTICE OF ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT PROCESS PROPOSED MOKOPANE INTEGRATION PROJECT, LIMPOPO PROVINCE

4 ELEKTRISITEITSVOORSIENING 2018/19

Haymakers / Hooimakers

Part number M8411 Onderdeelnommer Version 1 Weergawe Date of publication 2016/07/04 Datum van publisering

Government Gazette Staatskoerant

Slashers / Wentelsnyers

Specialised Mowers / Gespesialiseerde Grassnyers

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 14 FEBRUARY 2007 CON"rENTS INHOUD No. Page No. Gazette No. No. Bladsy No. Koerant No. Transport, Department of Governme

An evaluation of the equipment used in South Africa for the bord-and-pillar mining of thin coal seams

2 NO GOVERNMENT GAZETTE, 13 FEBRUARY 2009 CONTENTS INHOUD No. Page No. Gazette No. No. Bladsy No. Koerant No. GOVERNMENT NOTICES GOEWERMENTSKENN

SOUTH AFRICAN REVENUE SERVICE SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS

OFFICIAL GAZETTE OF SOUTH WEST AFRICA OFFISIELE KOERANT

Slashers / Wentelsnyers

KREATIEWE PREDIKING. deur JOHANNES LODEWYK SWANEVELDER MAGISTER THEOLOGIAE. in die vak PRAKTIESE TEOLOGIE. aan die UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

VOERTUIG ONGELUK EISVORM

Inhoud / Contents. Bladsy / Page

GRADE 12 SEPTEMBER 2014 ELECTRICAL TECHNOLOGY MEMORANDUM

Produkgids / Product Guide

Government Gazette Staatskoerant

A RELIABILITY MODEL OF A POWER DISTRIBUTION NETWORK WITH REFERENCE TO PETROCHEMICAL AND GAS-TO-LIQUID PLANTS

AFBAKENING. Graad Brandstowwe Eenheid Veiligheid met vuur Eenheid Energie en Elektrisiteit Eenheid 5

Numerical Evaluation (FEA) of End Stop Impact Forces for a Crane Fitted with Hydraulic Buffers

Graad 8 Eksamenafbakening

SAILI-nuusbulletin. Van die Raad

_ lc sell 11- MENIKO - 1%4;3 Tnt.tit. 20 September 20 September, date, shall be deemed to be validly displayed or erected.

Magna Track HS. Uitlaatgasafzuiging voor hulpposten met hoge frequentie / hoge snelheid runs

HOËRSKOOL ZWARTKOP SENTRUM NO DISTRIK D4

AUGUSTUS NEWSLETTER Passionate about outdoors! INHOUD

Tronic. Reg. No. L 3685, Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L3685, Wet Nr. 36 van 1947

Die ontwikkeling van wiskundige kreatiwiteit deur modelontlokkende aktiwiteite

36.76% 12.71% 32.56% 10.21%

LAERSKOOL ELIGWA AFBAKENING TWEEDE KWARTAAL 2012 GRAAD 4

SRK Consulting: Sasolburg/Natref OIP PP Report Page 55

VEILINGREËLS VAN TOEPASSING OP VEILINGS DEUR OOS-VRYSTAAT KAAP BEDRYF BPK 1999/004069/06 (die afslaer)

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 REKENINGKUNDE

Supplementary Maths Aanvullende Wiskunde

TECHNICAL MEETING PROCEEDINGS TEGNIESE VERGADERINGVERRIGTINGE

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

BRUSH-OFF. Reg. No. L4535 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L4535 Wet Nr. 36 van 1947 HERBICIDE GROUP CODE B ONKRUIDDODER GROEP KODE

BEMESTING. 52 LNR-Instituut vir Graangewasse / ARC-Grain Crops Institute

VEILINGREËLS VAN TOEPASSING OP VEILINGS DEUR OOS-VRYSTAAT KAAP BEDRYF BPK 1999/004069/06 (die afslaer)

KWALIFIKASIE: Baccalaureus Artium in Antieke Tale (BA (Antieke Tale))

Wat gedoen moet word wanneer iemand onverwags sterwe en om voor te berei vir jou eie afsterwe

HOËVELD VETERAAN TREKKER EN ENJIN KLUB HIGHVELD VINTAGE TRACTOR AND ENGINE CLUB. Nuusbrief

NUMERICAL MODELING AND EXPERIMENTAL INVESTIGATION OF THE FLOW AND THERMAL PROCESSES IN A MOTOR CAR VEHICLE UNDERHOOD

NEWLY CONSTRUCTED OR MODIFIED VEHICLES NOTES AND ADVICE, CONCERNING APPLICATIONS FOR A LETTER OF AUTHORITY (ALA)

RELAY TM SUPER 900 EC

FEREX LEGNA. Nederlands English

HOOFSTUK 3 3. INDIVIDUELE VERSKILLE BY KINDERS. 3.1 Inleiding

Government Gazette Staatskoerant

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

CATALOG 2016 Mobiltruss - Catalog v1

DM Craft Bait Boats. Instruction Manual Instruksie Gids. 2.4 GHz For the Ultimate Fishing Accessory

VEILINGREËLS VAN TOEPASSING OP VEILINGS DEUR OOS-VRYSTAAT KAAP BEDRYF BPK 1999/004069/06 (die afslaer)

Die regulering van koolstofbelasting in Suid-Afrika

11/05/2012 WEEK

Vos, Faust, Voss, Mfl: raakpunte tussen Vos deur Anna M. Louw en enkele ander tekste

December 1980THE TRANSACTIONS OF THE S A INSTITUTE OF ELECTRICAL ENGINEERS333

TEMPO VAN DIREKTE REDUKSIE VAN KOMPOSIET KORRELS. Emil E de Villiers. Magistergraad in Metallurgiese Ingenieurswese. in die

7f1d-~-~ 741tie1 ;ewr4e~ (R2S9,14) (R287,93) . ~~~KT!E~~.~N~.RQ!~HEIF-'N~c!kvarL ~. High Demond (Apr to Sept) / Hoe Aonvroog (Apr tot Sept)

Government Gazette Staatskoerant

MODELLERING VAN AFHANKLIKHEID IN DIE LINEeRE MODEL: 'N METEOROLOGIESE TOEPASSING

MTX221. Session 53. Sessie 53 DRYWINGS-KRINGLOPE (GAS-FASE) POWER CYCLES (GAS PHASE) Dr. Jaco Dirker. These slides also appear on Click-UP

Swartland Munisipaliteit / Municipality

EKSAMENAFBAKENING NOVEMBER Gr 5

Government Gazette Staatskoerant

2 No.339B7 GOVERNMENT GAZETTE, 4 FEBRUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec


Transcription:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SIVIELE TEGNOLOGIE FEBRUARIE/MAART 2009 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, 7 antwoordblaaie en 1 formuleblad.

Siviele Tegnologie 2 DoE/Febr. Maart 2009 BENODIGDHEDE 1. 2. 3. Antwoordeboek Tekeninstrumente n Nieprogrammeerbare sakrekenaar INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Al die vrae is VERPLIGTEND. Beantwoord elke vraag as n geheel, MOENIE onderafdelings van vrae skei nie. Begin ELKE vraag op n NUWE bladsy. Beantwoord VRAAG 2.7, 3.2, 4.5, 5.2.1, 5.2.2, 6.1, 6.2 en 6.3 op die ANTWOORDBLAAIE wat aangeheg is, en gebruik tekeninstrumente waar nodig. Skryf jou eksamennommer op AL die ANTWOORDBLAAIE en lewer dit saam met die ANTWOORDEBOEK in. (Plaas AL die antwoordblaaie binne die voorste omslag van die ANTWOORDEBOEK.) Sketse mag gebruik word om jou antwoorde te illustreer. ALLE berekeninge en geskrewe antwoorde moet in die ANTWOORDEBOEK gedoen word. Gebruik die puntetoekenning van die vraag as riglyn vir die lengte van jou antwoord. Tekeninge en sketse moet volledig gemaatskryf en netjies met beskrywende opskrifte en aantekeninge afgewerk word in ooreenstemming met die SANS/ SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk. Vir die doeleindes van hierdie vraestel moet die afmetings van n baksteen as 220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of detail ontbreek. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

Siviele Tegnologie 3 DoE/Febr. Maart 2009 VRAAG 1: KONSTRUKSIEPROSESSE 1.1 Watter voorsiening moet gemaak word in bouwerk om dakkappe op steenwerk te anker voordat die bobou muurplaatvlak bereik? (1) 1.2 Skryf die regulasies wat die anker van die volgende spesifiseer, neer: 1.2.1 Liggewigdakke (1) 1.2.2 Swaargewigdakke (1) 1.3 Watter hegtingstukke (Hegmiddels) kan gebruik word om golfysterdakplate aan die kaplatte vas te heg? (1) 1.4 Verduidelik waarom dit belangrik is om dakkappe te verspan. (4) 1.5 Skryf die grootte (deursnee-afmetings) van die volgende neer: 1.5.1 1.5.2 n Kaplat wat gebruik sal word om gegalvaniseerde dakplate vas te heg 'nat wat gebruik sal word om sementdakteëls vas te heg (1) (1) 1.6 Jy moet 'n staalstruktuur op 'n bouperseel oprig. Noem DRIE veiligheidstoerustingitems wat jy moet dra terwyl die struktuur opgerig word. (3) 1.7 As 'n Graad 12 Siviele Tegnologie-leerder gaan jy binnekort die formele skoolstelsel verlaat. Jy wil nie verder studeer nie, maar by die arbeidsmag in die boubedryf aansluit. Jy kan by die boubedryf aansluit deur as 'n vakleerling te begin. Noem VIER ambagte waarin jy as 'n vakleerling in hierdie bedryf kan begin. (4) 1.8 Suid-Afrika bied in 2010 die Wêreldbeker-sokkertoernooi aan. Baie provinsies is besig om stadions te bou en dus word baie beton gebruik. Klip is n belangrike komponent van beton en dit word in groewe losgeskiet. Noem en beskryf TWEE effekte wat skietwerk op die omgewing en gemeenskap wat naby die groef bly, sal hê. (4) 1.9 Steierwerk is n waardevolle bate vir werkers op n bouperseel. 1.9.1 Definieer die term steierwerk. (2) 1.9.2 Watter deel van die steier sal verhoed dat die steier in die grond wegsak as dit op sagte grond geplaas word? (1) 1.9.3 Hoe kan steiers op n bouperseel beweegbaar gemaak word? (1) 1.9.4 Noem TWEE tipes steiers. (2)

Siviele Tegnologie 4 DoE/Febr. Maart 2009 1.10 Jy is 'n kabinetmaker wat 'n badkamerkassie met sentrale binnerakkie maak. Toon, deur middel van 'n driedimensionele vryhandskets, 'n uitskuifaansig van EEN van die volgende houtwerkvoeë wat gebruik kan word om die kante/sye aan die rak te heg: (Dui die naam van die voeg wat jy teken op die tekening aan.) Deurlopende groefvoeg Doodloop-swaelstertinlating ('Stopped dovetail housing') Dubbel-doodloopinlating ('Double stopped housing') Deurlopende swaelstertinlating ('Through dovetail housing') Doodloopinlating ('Stopped housing') Enkelskouer-swaelstertinlating ('Barefaced dovetail housing') (3) [30]

Siviele Tegnologie 5 DoE/Febr. Maart 2009 VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIEPROSESSE 2.1 Knoopplate word algemeen in staalkonstruksies gebruik. 2.1.1 Waarvoor sal 'n knoopplaat in staalkonstruksies gebruik word? (1) 2.1.2 Noem TWEE hegtingsmetodes wat gebruik kan word om knoopplate aan onderdele van strukture te heg. (2) 2.2 Verskillende tipes fondasies kan in kontruksies gebruik word; heipaalfondasies is een daarvan. 2.2.1 Wat verstaan jy onder die term heipaalfondasie? (1) 2.2.2 Waar sal jy 'n heipaalfondasie gebruik? (2) 2.3 Rib-en-blokhangvloere is gewild in die boubedryf. 2.3.1 Noem VIER voordele van rib-en-blokhangvloere bo soliede gewapendebetonvloere. (4) 2.3.2 Indien jy 'n rib-en-blokhangvloer moet installeer, noem DRIE materiale wat jy sal benodig. (3) 2.4 FIGUUR 2.4 hieronder illustreer n isometriese tekening deur die konstruksiebesonderhede van 'n stapelmuurstelsel (Drywall). Skryf die letters A C in die ANTWOORDEBOEK neer en skryf die korrekte naam van elke onderdeel langs elke letter. A B C FIGUUR 2.4 (3)

Siviele Tegnologie 6 DoE/Febr. Maart 2009 2.5 Wanneer is dit nodig om onderstutting by n gebou te doen? (2) 2.6 Baie moderne huise het hoë betonkolomme as glanspunte/kenmerke van die geboue. Bewapening speel n belangrike rol by hierdie kolomme. Maak 'n netjiese skets van n horisontale snit deur n ronde kolom om die nodige bewapening binne-in te toon. Gebruik die volgende spesifikasies: (i) Die kolom is bewapen met 6 hoofstawe met 'n deursnee van 16 mm (ii) Gebruik 'n heliese beuel (iii) Toon die minimum betonbedekking (8) 2.7 Die figuur op ANTWOORDBLAD 2.7 (aangeheg) illustreer n vertikale snit deur n kelderverdieping. Voltooi die skets OP die ANTWOORDBLAD deur die vogweerlaag in te teken om die kelderverdieping waterdig te maak. (4) 2.8 Jy doen aansoek vir werk as 'n messelaar. Tydens die onderhoud word jy gevra om TWEE agtereenvolgende planlae van n T-aansluiting, wat in 'n eensteenmuur in Engelse verband met 'n doodloopent aan die een kant gebou is, te pak om jou vaardigheid te toon. Maak 'n netjiese tweedimensionele tekening in die ANTWOORDEBOEK om hierdie TWEE agtereenvolgende planlae van n T-aansluiting, wat in 'n eensteenmuur in Engelse verband met 'n doodloopent aan die een kant gebou is, te toon. (10) [40]

Siviele Tegnologie 7 DoE/Febr. Maart 2009 VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE 3.1 FIGUUR 3.1 illustreer n vetvanger wat in vuilwatersisteme van hotelle, restaurante en koshuise geïnstalleer is. FIGUUR 3.1 3.1.1 Skryf die letters A D in die ANTWOORDEBOEK neer en skryf die korrekte naam van elke onderdeel, soos getoon in FIGUUR 3.1, langs elke letter neer. (4) 3.1.2 Beskryf kortliks hoe jy die vetvanger in FIGUUR 3.1 getoon, in stand gaan hou om blokkasie te voorkom. (2) 3.2 FIGUUR 3.2 op ANTWOORDBLAD 3.2 illustreer loodgietersmuurmeublement wat in n huis geïnstalleer is. 3.2.1 Voltooi die figuur OP die ANTWOORDBLAD deur die pypstelsel vir die warmwater- en kouewatertoevoer in te voeg. Gebruik enkellyne om die pypwerk aan te toon. Onderskei tussen warmwaterpype (kort strepieslyne) en kouewaterpype (soliede lyne). (8) 3.2.2 Wat is die funksie van die afsluitkraan soos op die figuur op ANTWOORDBLAD 3.2 aangetoon? (2) 3.3 Suid-Afrika ondervind n elektrisiteitsvoorsieningstekort na die gemeenskap. Die regering probeer 'n alternatiewe bron van elektrisiteit te vind. Daar is baie alternatiewe en atoomkrag is een opsie. 3.3.1 Wat is atoomkrag? (1) 3.3.2 Het Suid-Afrika n atoomkragsentrale wat elektrisiteit opwek? (1)

Siviele Tegnologie 8 DoE/Febr. Maart 2009 3.4 Beskryf, in jou eie woorde, wat jy onder die term hidro-elektrisiteit verstaan. (2) 3.5 n Bewaringstenk is n alternatiewe metode om vuil- en rioolwater van 'n perseel te verwyder. 3.5.1 Noem TWEE gevalle waar dit nodig is om 'n bewaringstenk te installeer. (2) 3.5.2 Verduidelik die proses om 'n bewaringstenk leeg te maak. (4) 3.6 Jy woon in n landelike gebied en het nie water wat aangelê is nie, maar kry water van 'n nabygeleërivier. Noem VIER maniere waarop die water wat jy drink, besoedel kan wees. (4) [30]

Siviele Tegnologie 9 DoE/Febr. Maart 2009 VRAAG 4: MATERIALE 4.1 Kies 'n materiaal uit KOLOM B om by 'n produk in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A H) langs die vraagnommer (4.1.1 4.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 4.1.1 KOLOM A Mangatdeksels A KOLOM B vlekvrye staal 4.1.2 Vogweerlaag B koper 4.1.3 Waterleidingspype C veselsement (asbes) 4.1.4 Wastrog/Opwasbak D geelkoper 4.1.5 Dakplate E plastiek 4.1.6 Vuilwaterpype F sagte staal G gietyster H PVC (6 x 1) (6) 4.2 As bouer is dit belangrik wanneer mortel/beton gemeng word, om die regte verhouding water te kry sodat dit voldoende is. Die hoeveelheid water wat in beton gebruik word, speel n baie belangrike rol. Wat is die rol van water in n betonmengsel? (2) 4.3 n Kontrakteur het pas die beton van die fondasie gegiet. Hy moet dan verseker dat die beton volledig gekompakteer is. 4.3.1 Wat verstaan jy onder kompaktering van beton? (3) 4.3.2 Daar is verskeie metodes om beton te kompakteer. Noem TWEE van hierdie metodes. (2) 4.4 Wanneer beton bewapen word, moet die stawe heeltemal met beton bedek word. Wat kan met die wapeningstawe gebeur as die betonbedekking nie dik genoeg is nie? (2)

Siviele Tegnologie 10 DoE/Febr. Maart 2009 4.5 FIGUUR 4.5 verteenwoordig die vooraansig van n eenvertrek-plaasskool met die volgende spesifikasies: (Beantwoord hierdie vraag op ANTWOORDBLAD 4.5.) SPESIFIKASIES: Afmetings van vooraansig die gebou is 10 m wyd en 3 m hoog. Deur 1 m wyd en 2 m hoog. Venster 2 m wyd en 1,5 m hoog. 100 bakstene bedek n oppervlakte van 1 m vir n eensteenmuur. Die mure van die bobou is een steen dik (220 mm). Die gebou is toegerus met n afdak met borsweringmure, wat skuins van voor na agter afloop. 4.5.1 Wat is die totale oppervlakte van die openinge (deure en vensters) vir die voorste muur soos getoon in FIGUUR 4.5? Toon ALLE berekeninge. (3) 4.5.2 Bereken die totale oppervlakte van die steenwerk vir die voorste muur soos in FIGUUR 4.5 getoon. Toon ALLE berekeninge. (6) 4.5.3 Bereken die totale aantal bakstene wat benodig word om die muur te bou vir die vooraansig soos hieronder getoon. (3) 3 000 10 000 FIGUUR 4.5 4.5.4 Bereken die totale prys van die bakstene benodig as 1 000 stene R1 200,00 kos. (3) [30]

Siviele Tegnologie 11 DoE/Febr. Maart 2009 VRAAG 5: TOEGEPASTE MEGANIKA 5.1 FIGUUR 5.1 toon n eenvoudige ondersteunde balk met 'n egalig verspreide las oor die hele balk. egalig verspreide las LR RR FIGUUR 5.1 5.1.1 Wat verstaan jy onder die term egalig verspreide las? (1) 5.1.2 Bepaal die grootte van die egalig verspreide las op die balk as die spanwydte van die balk wat in FIGUUR 5.1 aangetoon word, 8 m is, en die linkerkantste reaksie (LR) en die regterkantste reaksie (RR) 48 N elk is. Toon jou antwoord in N/m. (4) 5.2 FIGUUR 5.2 hieronder toon die ruimtediagram van n vrydraerdakkap wat op n nuutgeboude struktuur geplaas moet word. 45 A 8 kn E 45 B 45 F G 4 kn D 2 kn 8 m C FIGUUR 5.2

Siviele Tegnologie 12 DoE/Febr. Maart 2009 5.2.1 Gebruik ANTWOORDBLAD 5.2.1 en bepaal grafies die grootte en aard van elke onderdeel van die dakkap soos in FIGUUR 5.2 getoon. Gebruik n skaal van 10 mm = 1 kn. (6) 5.2.2 Gebruik die inligting in VRAAG 5.2.1 om die tabel hieronder op ANTWOORDBLAD 5.2.2 te voltooi. ONDERDEEL GROOTTE AARD AE BG CG DF EF FG (12) 5.3 FIGUUR 5.3 toon n lamina met n eenvormige dikte, met n vierkantige gat in die lamina. Bereken die sentroïed van die lamina vanaf lyn A-B soos in die figuur getoon. 10 10 40 B 10 20 10 A FIGUUR 5.3 (7) [30]

Siviele Tegnologie 13 DoE/Febr. Maart 2009 VRAAG 6: GRAFIKA EN KOMMUNIKASIE Beantwoord hierdie vraag op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE. Jy moet 'n motorhuis by julle huis bou sodat jou pa sy nuwe motor daarin kan parkeer. As 'n aspirant-tekenaar moet jy die werkstekeninge vir hierdie motorhuis teken. Die motorhuis is NIE vas aan die hoofgebou NIE. NOTAS: Die ingang na die motorhuis is n oproldeur. Die ingang na die gebou moet suid wys en n oprit moet gebou word om toegang aan 'n voertuig te verleen. Die struktuur is met 220 mm x 110 mm x 75 mm sierstene gebou. Die dak is 'n hangstyl/hoofstyldak met n helling van 30. 6.1 Gebruik n skaal van 1:50 en ontwerp en teken die vloerplan van die motorhuis benodig in die boonste helfte van ANTWOORDBLAD 6.1. Gee die afmetings van die lengte en breedte van die gebou. Gebruik die volgende spesifikasies: Binnemates van die motorhuis 6 000 mm x 3 000 mm Motorhuisdeuropening 2 400 mm wyd x 2 100 mm hoog (front suid) Vensters Venster 1(W1) 1 500 mm wyd x 900 mm hoog (front oos) Venster 2 (W2) 2 000 mm wyd x 600 mm hoog (front wes) (10) 6.2 Teken volgens skaal 1:50 die westelike aansig van die motorhuis in die onderste helfte van ANTWOORDBLAD 6.1. Gebruik die volgende spesifikasies: Binnemates van die motorhuis 6 000 mm x 3 000 mm. Die finale vloerhoogte is 150 mm bokant die grondvlak. Die mure is 2 700 mm hoog gemeet vanaf die vloer tot by die onderkant van die muurplaat. Vensters Venster 1(W1) 1 500 mm wyd x 900 mm hoog (front oos). Venster 2 (W2) 2 000 mm wyd x 600 mm hoog (front wes). Dak: Helling 30 met n oorhang van 600 mm aan die ooste- en westekante van die gebou en 200 mm aan die gewelkante. Golfysterdakplate word vir dakbedekking gebruik. Die dak is afgewerk met 100 mm diameter geute en afleipype. (10)

Siviele Tegnologie 14 DoE/Febr. Maart 2009 6.3 Voeg n profiellyn (snylyn) A-A op die vloerplan 1 m vanaf en parallel met die noordelike muur in. Op ANTWOORDBLAD 6.3, teken, volgens skaal 1:20, n vertikale snit deur die motorhuis op snylyn A-A vanaf die suidekant gesien. MOENIE 'n deur of venster deursny NIE. Teken net meer as die helfte van die wydte van die snit. (Dit is NIE nodig om die tekening te benoem NIE.) Gebruik die volgende spesifikasies: Dak: Helling 30 met n oorhang van 600 mm aan die oostelike en westelike kante van die gebou en 200 mm aan die gewelente Golfysterdakplate word gebruik vir die dakbedekking Daksparre 114 mm x 38 mm Kaplatte 76 mm x 50 mm Muurplaat 114 mm x 38 mm Die dak is afgewerk met 100 mm diameter geute en afleipype Binnemates van die motorhuis: 6 000 mm x 3 000 mm Die mure is 2 700 mm hoog gemeet vanaf die vloer tot by die onderkant van die muurplaat Onderbou betonfondasie 600 mm x 220 mm Natuurlike grondvlak ('NGL') is 500 mm vanaf die onderkant van die fondasie Hardepuinvulling 150 mm dik Betonvloer 75 mm dik Vogweerlaag (20) [40] TOTAAL: 200

Siviele Tegnologie DoE/Febr. Maart 2009 EKSAMENNOMMER ANTWOORDBLAD 2.7 VRAAG 2.7 buitemuur van huis sementstrook gewapendebetonblad grondvlak veselagtige materiaal growwe materiaal gaatjiespyp pleisterwerk betonfondasie sandslytlaag FIGUUR 2.7 (4)

Siviele Tegnologie DoE/Febr. Maart 2009 EKSAMENNOMMER ANTWOORDBLAD 3.2 VRAAG 3.2 G Drukbeheerklep Afsluitkraan B HWB SK OWB Afsluitkraan FIGUUR 3.2 (8)

Siviele Tegnologie DoE/Febr. Maart 2009 EKSAMENNOMMER ANTWOORDBLAD 4.5 VRAAG 4.5 A B C D (12)

Siviele Tegnologie DoE/Febr. Maart 2009 EKSAMENNOMMER ANTWOORDBLAD 5.2.1 VRAAG 5.2.1 a (6)

Siviele Tegnologie DoE/Febr. Maart 2009 EKSAMENNOMMER ANTWOORDBLAD 5.2.2 VRAAG 5.2.2 ONDERDEEL KRAG AARD AE BG CG DF EF FG (12)

Siviele Tegnologie DoE/Febr. Maart 2009 EKSAMENNOMMER ANTWOORDBLAD 6.1 VRAAG 6.1 VLOERPLAN (10) ANTWOORDBLAD 6.2 VRAAG 6.2 AANSIG (10)

Siviele Tegnologie DoE/Febr. Maart 2009 EKSAMENNOMMER ANTWOORDBLAD 6.3 VRAAG 6.3 (20)

Siviele Tegnologie DoE/Febr. Maart 2009 BELANGRIKE AFKORTINGS FORMULEBLAD SIMBOOL BESKRYWING SIMBOOL BESKRYWING SIMBOOL BESKRYWING G Swaartepunt h Hoogte d Deursnee C Sentroïed b Breedte r Radius L Lengte s Kante A Oppervlakte Pi = 22 = 3,142 7 Ø Deursnee V Volume FORMULES OPPER- VLAKTE VAN Vierkant Reghoek Reghoekige driehoek Gelyksydige driehoek Sirkel FORMULE (in woorde) Lengte x Breedte Lengte x Breedte ½ x basis x hoogte ½ x basis x hoogte x radius x radius FORMULE (in simbole) l x b l x b ½b x h ½b x h r² FORMULE VIR DIE POSISIE VAN SENTROÏED X-as Y-as b b 2 2 l b 2 2 b h 3 3 b h 2 3 Sirkel x diameter x diameter gedeel deur 4 d² 4 Sentroïed is in die middel Halwe sirkel x radius x radius gedeel deur 2 r² 2 Sentroïed is 0,424r op die middellyn Posisie van sentroïed = (A1 x d) + (A2 x d) Totale oppervlakte