VESTIGING VAN CANOLA IN WESKAAP A Agenbag

Similar documents
CENTLEC HUISHOUDELIKE TARIEWE: 2017/2018 versus 2016/2017

MIELIE-INLIGTINGSGIDS MAIZE INFORMATION GUIDE 2013

Whispers from the Past

Wiskundige voedings-optimerings model vir volstruise Samevatting van onlangse studies om die voedingsbehoeftes van slag- en broeivoëls te beraam

Lengte. Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Graad 5 3 METING EN TYD 4 Module 40 5 LENGTE

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 April March 23, 2017

Tables of Costs for Conveyancing

KOUEKETTING GEVALLESTUDIES van die afgelope seisoene

VOERTUIG ONGELUK EISVORM

Wiskunde. Shuters PHOTOCOPIABLE BEPLANNING EN OPSPORING. Graad. Ook beskikbaar by OS

Die basiese behoeftes van buffels:

Tronic. Reg. No. L 3685, Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L3685, Wet Nr. 36 van 1947

OPTIMALE BESTUURSTRATEGIEË VIR TIPIESE BOERE IN DIE VAALHARTSBESPROEIINGSGEBIED TYDENS TOESTANDE VAN WISSELENDE WATERVOOR- SIENING 1

OpenStax-CNX module: m Veelhoeke * Siyavula Uploaders. Figure 1

Market comment Markkommentaar. Julie / July 2015

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

RELAY TM SUPER 900 EC

An evaluation of the equipment used in South Africa for the bord-and-pillar mining of thin coal seams

CAPTAB WP. Reg. No. L 6758 Act/Wet No. 36 of/van 1947

BRUSH-OFF. Reg. No. L4535 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L4535 Wet Nr. 36 van 1947 HERBICIDE GROUP CODE B ONKRUIDDODER GROEP KODE

BEMESTING. 52 LNR-Instituut vir Graangewasse / ARC-Grain Crops Institute

Government Gazette Staatskoerant

11/05/2012 WEEK

Comments & Response Report Highlands South WEF Grid Connection APPENDIX 3: SITE NOTICE BOARD & POSTERS PLACEMENTS

December 1980THE TRANSACTIONS OF THE S A INSTITUTE OF ELECTRICAL ENGINEERS333

DEPARTMENT OF TRANSPORT DEPARTEMENT VAN VERVOER DEPARTMENT OF TRANSPORT THE SOUTH AFRICAN NATIONAL ROADS AGENCY SOC LIMITED

K-OTHRINE WG 250. REG. NO. L7372 Act No. 36 of 1947 REG. NR. L7372 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 0680 Namibiese Reg. Nr.

A RELIABILITY MODEL OF A POWER DISTRIBUTION NETWORK WITH REFERENCE TO PETROCHEMICAL AND GAS-TO-LIQUID PLANTS

STEDFAST. 1 l. Batch Number / Lotnommer:

MTX221. Session 53. Sessie 53 DRYWINGS-KRINGLOPE (GAS-FASE) POWER CYCLES (GAS PHASE) Dr. Jaco Dirker. These slides also appear on Click-UP

Produkgids / Product Guide

SOUTH AFRICAN REVENUE SERVICE SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS

HOOFSTUK 3 3. INDIVIDUELE VERSKILLE BY KINDERS. 3.1 Inleiding

opstelling wat m 1 = 0.5 kg ideale lug (R = P 3 = 350 kpa (toestand 3).

Government Gazette Staatskoerant

About Battery charging!


Die ontwikkeling en evaluering van n kreatieweprobleemoplossingsprogram

Simson, God se sterk Man

GRADE 12 SEPTEMBER 2014 ELECTRICAL TECHNOLOGY MEMORANDUM

Die regulering van koolstofbelasting in Suid-Afrika

SAILI-nuusbulletin. Van die Raad

REG. NO. L8392 ACT No. 36 of 1947 / WET Nr. 36 van 1947 N-AR 1502 IRAC: INSECTICIDE GROUP CODE 5A IRAC: INSEKDODER GROEP KODE

BEFORE USING THIS PRODUCT READ THE LABEL CAREFULLY! 2,4-D AMINE 480 SL. Reg. No. L 4505 Act/Wet No. 36 of/van 1947 W / N-AR 1096

Duett Ultra CAUTION VERSIGTIG. EMERGENCY NUMBER / NOODNOMMER: UN No. / VN Nr: 3082 Approval code: 19 / 07 / 2013

OFFICIAL GAZETTE OF SOUTH WEST AFRICA OFFISIELE KOERANT

36.76% 12.71% 32.56% 10.21%

HOËVELD VETERAAN TREKKER EN ENJIN KLUB HIGHVELD VINTAGE TRACTOR AND ENGINE CLUB. Nuusbrief

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

TECHNICAL MEETING PROCEEDINGS TEGNIESE VERGADERINGVERRIGTINGE

Catalogue Catalogue POLTEK. 4de UITGAWE 4th EDITION 1999

UNIVERSIT::!:IT VAN PRETORIA

BEFORE USING THIS PRODUCT READ THE LABEL CAREFULLY!

THE RIDE COMFORT VS. HANDLING COMPROMISE FOR OFF-ROAD VEHICLES

DIE ROL VAN LINKER EN REGTERBREININTEGRASIE BY KREATIEWE DENKONTWIKKELING

VEILINGREËLS VAN TOEPASSING OP VEILINGS DEUR OOS-VRYSTAAT KAAP BEDRYF BPK 1999/004069/06 (die afslaer)

GRONDBESIT EN GRONDGEBRUIK BY DIE BAKWENA-BAMARE-A-PHOGOLE. deur LOUIS PETRUS VORSTER. Voorgele luidens die vereistes vir die graad

CAMI EDUCATION. 1. Skryf jou naam op die ANTWOORDBLAD EN ANTWOORDBOEK. 3. Beantwoord AFDELING A op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

BEFORE USING THIS PRODUCT READ THE LABEL CAREFULLY! VILLA 51. Reg. No. L 8050 Act/Wet No. 36 of/van 1947 W / n-ar 1090

Laerskool Swartkop Eksamen Afbakening Vierde kwartaal 2017 Graad 5

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998

CYPERMETHRIN 200 EC. Reg. No. L 4644 Act/Wet No. 36 of/van 1947

SRK Consulting: Sasolburg/Natref OIP PP Report Page 55

OMGEWINGSIMPAKBEPALING

SLASH TURBO 450 SL. Reg. No. L 8505 Act/Wet No. 36 of/van 1947

Numerical Evaluation (FEA) of End Stop Impact Forces for a Crane Fitted with Hydraulic Buffers

Die ontwikkeling van wiskundige kreatiwiteit deur modelontlokkende aktiwiteite

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 14 FEBRUARY 2005 CONTENTS INHOUD No. Page No. Gazette No. No. B/adsy Keerant No. No. Transport, Department of Governme

Alfa Romeo Klub van Pretoria Club of Pretoria ARCOP. Veloce. Nuusbrief / Newsletter 2018/11. Alfa Romeo the best of the best!

OPERATORS MANUAL / OPERATEURSHANDLEIDING. Rollermowers

KOSTEGIDS COST GUIDE 2013/14

KREATIEWE PREDIKING. deur JOHANNES LODEWYK SWANEVELDER MAGISTER THEOLOGIAE. in die vak PRAKTIESE TEOLOGIE. aan die UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

OPERATORS MANUAL / OPERATEURSHANDLEIDING. Grassmulchers TM

Haymakers / Hooimakers

2017 NUUSBRIEF. Ons is in EKSTASE om ons 32ste Produksie Veiling aan te kondig wat op 22 Februarie 2018 gehou sal word.

Vos, Faust, Voss, Mfl: raakpunte tussen Vos deur Anna M. Louw en enkele ander tekste

GEOCHEMIESE EN MINERALOGIESE VERSPREIDINGSPATRONE IN DIE WANDGESTEENTES VAN TINDRAENDE ERTSLIGGAME IN DIE ZAAIPLAATSMYN, POTGIETERSRUSDISTRIK

Alumni. Gehaltestudente en puik fasiliteite Fakulteit Ingenieurswese se strewe. Julie

by Jolandi Gryffenberg

Part number M8411 Onderdeelnommer Version 1 Weergawe Date of publication 2016/07/04 Datum van publisering

_ lc sell 11- MENIKO - 1%4;3 Tnt.tit. 20 September 20 September, date, shall be deemed to be validly displayed or erected.

Inhoud / Contents Bladsy / Page

Government Gazette Staatskoerant

HOËVELD VETERAAN TREKKER EN ENJIN KLUB HIGHVELD VINTAGE TRACTOR AND ENGINE CLUB. Nuusbrief

CERATO 250 EC. Reg. No. L 9336 Act/Wet No. 36 of/van 1947

QUARTERLY BULLETIN STATISTICS ST A TISTIESE KW ART AALBLAD

VEILINGREËLS VAN TOEPASSING OP VEILINGS DEUR OOS-VRYSTAAT KAAP BEDRYF BPK 1999/004069/06 (die afslaer)

Wat gedoen moet word wanneer iemand onverwags sterwe en om voor te berei vir jou eie afsterwe

Die gebruik van fantasie om kreatiwiteit by kleuters te bevorder :

Slashers / Wentelsnyers

DIE VERTALING, AANPASSING EN STANDAARDISERING VAN DIE KODUS BELANGSTELLINGSVRAEL YS VIR DUITSSPREKENDE LEERLINGE VAN NAMIBie

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

DM Craft Bait Boats. Instruction Manual Instruksie Gids. 2.4 GHz For the Ultimate Fishing Accessory

Munisipaliteit BERGRIVIER Municipality

Swartland Munisipaliteit / Municipality

Operational developments during the establishment of Secunda Collieries

AUGUSTUS NEWSLETTER Passionate about outdoors! INHOUD

Voorsittersvoorwoord. Philip Kuschke. Southern Cape Old Car Club Website: * Fax: (086) P.O. Box 1749, George, 6530

Slashers / Wentelsnyers

Transcription:

Julie 2107 No.79 VESTIGING VAN CANOLA IN WESKAAP 2017 A Agenbag In die Wes-Kaap en veral in die Swartland is vanjaar probleme ervaar met die vestiging van canola. Sommige landerye het goed gevestig en ʼn egalig digte stand is verkry, maar op ander landerye het die canola baie swak en onegalig opgekom en is daar groot kaal kolle waar geen canolaplante gevestig het nie. Op sommige landerye is dit sodanig dat daar weinig hoop is op enige noemenswaardige opbrengs. Hierdie verskynsel kom voor in alle produksie-areas van die Swartland en hoewel dit waarskynlik in alle gevalle verband hou met die ongunstige klimaatstoestande wat tydens die plantseisoen geheers het kan die toestand aan verskeie redes toegeskryf word. In die sanderige gronde van die Darling-vlakte, het sterk wind die sand in plantervoortjies ingewaai en veroorsaak dat die saad so diep begrawe is dat dit nie kon opkom nie. In die swaarder gronde van Malmesbury en Moorreesburg omgewing het harde reënbuie (en selfs hael) wat met die eerste reëns voorgekom het veroorsaak dat plantervoortjies toegespoel en die grondtoegeslaan het. In hierdie geval was grondtekstuur en veral grondstruktuur ʼn belangrike bydraende faktor. Dit was opmerklik dat probleme ondervind is op verskeie landerye waar die vorige seisoen se koringstoppels gebrand is en die grond onbedek gelaat is. Daarteenoor is goeie vestiging waargeneem in sommige landerye wat as gevolg van ʼn gesonde wisselboustelsel ʼn hoë koolstofinhoud en dus ʼn meer stabiele grondstruktuur het en grondoppervlakte onder ʼn oesresbedekking gelaat is. In die Porterville omgewing is vestigingsprobleme ondervind weens ligte reënbuie gevolg deur ʼn droë, warm periode. Canola sade wat na die ligte reënbuie ontkiem het, het gedurende die daaropvolgende warm droë periode gevrek.

Verder moet in ag geneem word dat byna al die canola gedurende 2017 in droë grond geplant is en dat die saad vir solank as 6 weke aan hoë grondtemperature blootgestel is en na die reën weer aan baie lae ontkiemingstemperature blootgestel is. Dit kon die kiemkrag van die saad en veral kleiner sade benadeel het en fisiologiese probleme soos die ontwikkeling sekondêre dormansie veroorsaak het (Sien volledige artikel). Uit bostaande is dit duidelik dat kleinsadige gewasse soos canola baie gevoelig is vir ongunstige toestande tydens vestiging en dat die huidige jaar getoon het dat probleme wat tydens gunstige groeitoestande verdoesel word, tydens ongunstige toestande soos in 2017 groot probleme veroorsaak. Dit beklemtoon die groot waarde van ʼn goeie grondstruktuur (hoë koolstofinhoud) as ʼn faktor wat help om ongunstige groeitoestande te oorkom en die toepassing van bewaringslandbou moet dus steeds as noodsaaklik beskou word. SEKONDÊRE DORMANSIE EN FAKTORE WAT ONTKIEMING VAN CANOLASAAD BEÏNVLOED Lombard P & Strauss J Die afgelope seisoen is gekenmerk deur ʼn lae persentasie ontkieming en ontkieming wat oor weke plaasvind (Figuur 1). Die verskynsel is nie nuut nie en het telkemale in die verlede voorgekom. Die skaal waarop dit in 2017 waargeneem is oortref net vorige seisoene. Die verskynsel word onder meer toegeskryf aan sekondêre dormansie van canolasaad. In Kanada is opslagcanola ʼn groot probleem in die jaar na canola verbouing; dit word ook aan sekondêre dormansie toegeskryf. Dit is veral ʼn probleem wanneer kultivars die eienskap van ʼn spesifieke onkruiddoderweerstand bevat. Hier praat ons van Roundup Ready canola en CL (Clearfield, Imasamoks tolerante) kultivars. Hierdie saad kan vir etlike seisoene in die grond bly en jaarliks ontkiem (Teketel en Shirtliffe, 2014). Hierdie kultivars kan probleme skep met die beheer daarvan in koringaanplantings. In die Wes-Kaap is dit nie ʼn groot probleem nie, aangesien ons nie Roundup Ready canola verbou nie. Plaaslik word die probleem van opslagcanola toegeskryf aan oesverliese tydens die vorige seisoen.

Figuur 1: Onegalige ontkieming gedurende 2017 in ʼn kultivarproef in die Suid-Kaap. Onegalige ontkieming bemoeilik die bestuur van die canola gewas. In Figuur 2 kan gesien word watter afmetings dit kan aanneem in erge gevalle. Plante kan wissel van 4 blaarstadium tot volblom soos in die geval in 2013 in die Swartland. Die beheer van onkruid en swamme word bemoeilik. Opbrengsverliese kom voor weens onegalige rypwording wat besluitneming ten opsigte van platsny en oes bemoeilik. Figuur 2: Canolaplante versamel op dieselfde land in 2013 met onegalige ontkieming. Wat gebeur tydens ontkieming van canolasaad? Daar vind drie fases van ontwikkeling plaas met die ontkieming van saad. Die proses begin met die opname van vog en eindig met die saadhuid wat oopbars (Edwards, 2011).

Fase 1 Canolasaad bevat 7-8% vog met plant (voordat dit begin vog opneem). Tydens fase1 neem die saad vog op, terwyl die spoed van wateropname bepaal word deur grondvog en saadgrootte. Klein saad neem vinniger vog op weens ʼn groter oppervlak tot volume verhouding. Die saad swel en saadhuid word taai. Figuur 3: Saad gereed vir plant (links) en saad wat reeds vog opgeneem het (regs). Fase 2 Tydens die tweede fase versnel die metabolisme in die saad en bly die voginhoud baie dieselfde. Ensieme in die embrio word geaktiveer en breek die proteïene af tot aminosure, stysel tot glukose en olie tot vetsure en gliserol. Bogenoemde voedingstowwe word getranslokeer na die groeipunt en word gebruik vir groeipuntontwikkeling (groei). Dit is vir die saad moontlik om in hierdie stadium groei en ontwikkeling te stop en sekondêre dormansie te ontwikkel. Fase 3. Fase 3 is die 2 de periode van vinnige vogopname en hierdie vogopname duur voort tot ʼn voginhoud van ±24% in die saad. Die 3 de fase begin 12 uur na die begin van fase 1. Na 6 uur in fase 3 bars die saadhuid oop en die saailingstadium begin. Nou is daar geen omdraai meer nie Die saailing kan nie uitdroging in hierdie stadium van ontwikkeling hanteer nie. Saailinge kan dus onder die oppervlak van die grond afsterf indien ʼn vogtekort voorkom.

Figuur 4: Einde van fase 3 is wanneer saadhuid oopbars. Tipes dormansie: Sekondêre dormansie ontwikkel as die saad in ongunstige omstandighede geplant word. Die omstandighede kan deur vogstremming, donkerte en hoë temperatuur veroorsaak word. Tydens sekondêre dormansie ontkiem die saad steeds nie na die ongunstige omstandighede opgehef word (min vog) of nie meer bestaan nie (hitte) (Gruber et al. 2009). Primêre dormansie kom selde voor, maar vind plaas in omstandighede waarbinne saad normaalweg sou ontkiem (genoeg vog by die regte temperatuur). Primêre dormansie kom hoofsaaklik voor kort nadat saad geoes is (vars saad). Dit word dus nie deur omgewingsfaktore beïnvloed nie (Gruber et al. 2009). Hoe gebeur sekondêre dormansie by canola? Canolasaad kan ligsensitiwiteit ontwikkel wanneer saad in grond geplant word met lae beskikbare grondvog (hoë osmotise potensiaal) in die afwesigheid van rooi lig (660 nm). Dis juis hierdie eienskappe wat gebruik word om die dormansie op te hef. Hoër temperature tesame met lae beskikbare grondvog het n verhoogde sekondêre dormansie tot gevolg (Gulden, 2003). Hoër vlakke van dormansie kom voor waar saad teen 20 C blootgestel word, as teenoor 12 C in die studie. Die laagste vlak van dormansie kom voor by 5 C. Lae beskikbare grondvog en hoë temperature verhoog vlakke van dormansie, waar dit egter saam voorkom verhoog hierdie vlakke verder (Gulden, 2003). Sekondêre dormansie is ʼn kultivar eienskap. Kultivars reageer ook verskillend tussen seisoene wat op ʼn sterk kultivar/omgewingsinteraksie dui (Gruber et al. 2009).

Hoe word sekondêre dormansie opgehef? Sekondêre dormansie word opgehef by lae temperature van 2-4 C (Gulden et al. 2000). Wisseling in warm en koue temperature is ook verantwoordelik vir die breek van dormansie in canolasaad (Pekrun et al. 1998). Derdens sal ʼn ligflits, soos veroorsaak deur bewerking, dormansie kan ophef (Gruber et al. 2009). Die verlengde periode van ontkieming soos in Figuur 1 aangetoon is, het oor 10 weke en in die geval van Figuur 2 oor nagenoeg 12 weke plaasgevind. Die Wes-Kaap het ʼn baie droë en warm April en Mei beleef. Dit verduidelik die swak en lang periodes van saadontkieming, kultivar en area, sowel as grondverskille kom egter voor. Effek van lae temperature op die ontkieming van canola: Die eerste noemenswaardige reën in 2017 het aan die begin van Junie voorgekom. Die nagte is lank en grondtemperatuur sou drasties daal na die reën en die voorafgaande warm Meimaand. Dit is ʼn erkende feit dat temperatuur die spoed van - en persentasie ontkieming beïnvloed (Canola Council of Canada, 2013). In Figuur 5 word die invloed van temperatuur op die ontkieming van canola geïllustreer. Volgens die Canola Council of Canada (2013) is naby aan 100% ontkieming moontlik binne 5 tot 15 dae, afhangende van die grondtemperature. Die optimum temperatuur vir canola ontkieming is 15-20 C (Alberta Agriculture, Food and Rural Development, 1980). Dit is ook waar dat by laer grondtemperature die persentasie ontkieming ook laer is. Baie lae grondtemperature het ʼn verlengde periode van ontkieming en laer persentasie ontkieming tot gevolg. In ʼn studie deur Nykiforuk en Johnson-Flanagan (1999) is bevind dat ontkieming met grondtemperatuur wissel. Met ʼn grondtemperatuur van 22 C is ontkieming vinnig en ontkiem binne 3 dae. By 10 C bereik 95% ontkieming na 8 dae en by 6 C en minder het nooit meer as 10% saad ontkiem nie. (Edwards, 2011; Canola Council of Canada, 2003)

Figuur 5: Effek van temperatuur op die ontkieming van canola (Canola Council of Canada, 2013) Effek van grondvog op die ontkieming van canola: Grondvog is krities belangrik vir ontkieming. Canola moet ʼn hoë persentasie van sy massa (24%) as vog opneem. Lae persentasie grondvog kan sekondêre dormansie tot gevolg hê. In gronde met lae voginhoud is die opname stadig en ontkieming ook stadiger (Tabel 1). Tabel 1: Effek van grondvog op ontkieming Grondvog (%) Ontkiemings % Dae tot ontkieming 18 82 9 15 59 12 13 45 13 11 4 - Gevolgtrekking: Hoë grondtemperature en lae grondvoginhoud in kombinasie met saadeienskappe het swak en stadige ontkieming tot gevolg. Waar ontkieming oor ʼn periode van weke plaasvind is die oorsaak waarskynlik sekondêre dormansie soos in Figuur 1 en 2 te sien is. Praktyke moet vermy word waar saad vir lang periodes in warm droë grond moet lê soos bv. as in droë grond gesaai word. Grond met baie min grondvog moet verkieslik na reën geplant word om risiko van swak ontkieming te voorkom.

Bronne 1. Teketel, A.H. and Shirtliffe S.J. 2014, Effect of Harvest Timing on Dormancy Induction in Canola Seeds. Weed Science July to September. 2. Gruber, S. Emrich, K. and Claupein, W. 2009. Classification of canola (Brassica napus) winter cultivars by secondary dormancy. Canola Journal of Plant Science. 3. Gulden, R.H., 2003. Secondary seed dormancy and the seedbank ecology of Brassica Napus in western Canada. University Saskatchewan: PhD. 4. Gulden RH, Shirtliffe S.J., Thomas A.G. 2000. Secondary dormancy in volunteer canola. Sainte-Anne-de-Bellevue, Quebec. Expert Committee on Weeds - Proceedings of the 2000 National Meeting. 26-11-2000. 5. Pekrun C., Hewitt J.D.J., Lutman P.J.W. 1998. Cultural control of volunteer oilseed rape. Journal of Agricultural Science 130: 155-163 6. Canola Council of Canada, 2013. Time of seeding. http://www.canolacouncil.org/canola-encyclopedia/cropestablishment/time-of-seeding/# 7. Alberta Agriculture, Food and Rural Development, 1980. http://www1.agric.gov.ab.ca/$department/deptdocs.nsf/all/agdex1203/$file /590-1.pdf?OpenElement 8. Edwards J., 2011. Canola growth & development. NSW Government Navrae: Direktoraat Plant Wetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou, Privaatsak X1, Elsenburg, 7607, Tel 8085321. pietl@elsenburg.com Redaksie: PJA Lombard, J Bruwer, Prof A Agenbag, Izane Leygonie Geborg deur die Proteïennavorsingstigting Besoek die PNS se webblad by www.proteinresearch.net vir vorige uitgawes van nuusbriewe en pamflette.